Wat sal gebeur as jy ʼn aborsie met pille na 10 weke doen?

Indien jy langer as 10 weke swanger (pregnant) is, en steeds ʼn aborsie doen, sal die medikasie steeds werk en gewoonlik ʼn aborsie veroorsaak. Jy het egter herhaalde dosisse van die aborsiepille nodig. Die risiko vir komplikasies vermeerder en dit is waaarkynliker (more likely) dat jy behandeling (treatment) van ʼn dokter na die tyd nodig gaan hê om die aborsie te voltooi. Daarom word dit ernstig aanbeveel om aborsiepille na 10 weke se swangerskap (pregnancy) liewer in ʼn hospitaal of kliniek te neem.
Besef ook dat jy baie weefsel (tissue) en bloed verloor, maar ook die fetus (die grotte hang af van die lengte van die ‘pregnancy’) wat herken word. Dit kan nogal baie ontstellend wees om te sien. As jy geen ander maniere (ways) het nie, is dit steeds veiliger om ʼn mediese aborsie later in die swangskap (pregnancy) te doen as om gevaarlike metodes (ways) te gebruik wat aborsies veroorsaak. Voorbeelde hiervan is om skerp voorwerpe in die vagina te druk, inaseming van giftige stowwe soos ‘bleach’ of om hard op jou maag te slaan. Jy moet nooit hierdie gevaarlike metodes (ways) gebruik nie!
Met langer swangerskappe (pregnancies) is die kanse van ʼn onvoltooide (incomplete) aborsie verhoogde bloeding nadat aborsiepille geneem word. Dit is meer algemeen om ʼn chirurgiese ontruiming (‘womb’ word ontruim) te doen of meer medikasie te gee om die aborsie te voltooi.