Benodig jy sielkundige berading (counselling) na ʼn aborsie?

Meeste vroue benodig nie sielkundige berading (counselling) na ʼn aborsie nie. Gevoelens van spyt is skaars na aborsie. Die mees algemene emosionele reaksie na ʼn aborsie is verligting. Dit is normaal om emosioneel na ʼn aborsie te voel. Gevoelens van skuld, hartseer en verlies is algemeen, maar vir meeste vroue gaan hierdie gevoelens weg binne ʼn paar dae. Maar in lande waar dit verbied word en waar die sosiale stigma groot is, is dit meer algemeen vir vroue om emosies van skuld en skande te ervaar.

Jy is nie ʼn slegte persoon as jy ʼn aborsie gehad het nie. Jy is nie alleen in die besluit om ʼn aborsie te kies nie. Baie vroue is verras om uit te vind dat omtrent 42 miljoen vroue wêrelwyd jaarliks aborsies het.

 

Watter tipe dinge mag bydra tot vroue se nood of lyding na ʼn aborsie?

Jou hormone keer terug na normaal en dit kan gevoelens van hartseer en huilerigheid veroorsaak. Dalk het iemand druk op jou geplaas om ʼn aborsie te hê in plaas daarvan dat jy self kon besluit. Jy mag dalk geen ondersteuning van vriende of familie hê nie. Isolasie is een van die hoofredes waarom vroue hulself in nood en lyding vind na ʼn aborsie.

Jy mag vrees dat jy nooit weer sal swanger raak nie. Wees gerus dat ʼn veilige mediese aborsie nie toekomstige (future) vrugbaarheid (fertility) veroorsaak nie.

Aborsie mag ou ervarings en gevoelens opbring wat jy onderdruk. Byvoorbeeld: As seksuele misbruik (sexual abuse) deel van jou verlede is, mag jy jouself vind dat jy gevoelens verwant aan die misbruik (abuse), herleef. Indien jy kwesbaar voel oor die swangerskap (pregnancy) en die aborsie, mag dit herinneringe ontlok (trigger) waar jy in die verlede vreesagtig of kwesbaar gevoel het.

 

Is dit normaal om depressief (depressed) na ʼn aborsie te voel?

Simptome (signs) van depressie ly wat nie opklaar nie, moet jy ʼn professionele persoon gaan sien.

In seldsame gevalle, raak vroue klinies depressief na ʼnaborsie. As jy aan simptome van depressie ly wat nie opklaar nie, moet jy ʼn professionele persoon gaan sien.

Daar is sekere faktore wat bekend is vir die bydra tot die risiko van die depressie na aborsie insluitend ʼn geskiedenis van depressie, angstigheid en paniek. Depressie is ʼn ernstige siekte. Dit is noodsaaklik om professionele hulp by ʼn dokter, berader of terapeut te kry as jy glo jy is depressief.

 

Wat kan ek doen om myself te help om gesond te word na die aborsie?

Na ʼn aborsie is daar konkrete goed wat jou kan help om aan te beweeg:

  • Laat jouself toe om uitdrukking (expression) te gee aan gevoelens van hartseer en treur. Jy sal nie altyd so voel nie.
  • Moenie hard op jouself wees nie. Praat met jouself op maniere wat opbouend is. Jy is ʼn persoon met morele waardes.
  • Herinner jouself dat jy ʼn dapper persoon is. Jy het ʼn moeilike besluit geneem.
  • Herinner jouself waarom jy die besluit geneem het om ʼn aborsie te hê.
  • Herinner jouself dat jy die beste besluit onder die omstandighede geneem het.
  • Vra jouself indien jy hoop om ʼn beplande swangerskap (pregnancy) eendag te hê, hoe sal dit verskil van jou huidige (current) situasie?
  • Skryf jou gevoelens neer in ʼn dagboek of ʼn ‘special’ boek wat niemand anders sal sien nie.
  • Herinner jouself aan jou toekoms. Maak ʼn lys van dinge waarna jy uitsien om te doen,
  • Oorweeg om ʼn einde aan jou swangerskap te skep deur ʼn ‘good-bye’ brief te skryf. Hou dit veilig of verbrand dit.
  • Doen ontspanningsoefeninge wat met die stres kan help.