Kies jou gesinsbeplanning

Vind ʼn gesinsbeplanning opsie wat reg is vir jou en wat jou sal beskerm teen ʼn ongewensde swangerskap (untwanted pregnancy). Lees oor hoe die metode werk, hoe om dit te gebruik en watter newe-effekte (side effects) dit hieronder kan hê.

 

Die Gekombineerde Orale Voorbehoedmiddel pil (COC)

 

Die COC is ʼn pil wat uit twee hormone (estrogeen en progestoroon) bestaan. Jy moet elke dag een pil neem.
Jy moet nie die pil neem as jy migraines, trombosis (clot) in jou been of long, ernstige lewersiekte ernstige diabetes, borskanker, epilepsie het nie. Jy mag dit ook nie gebruik as jy ʼn hartinfarkt of ʼn beroerte gehad het nie. Ook nie wanneer jy ʼn kombinasie van die volgende het: jy 35 jaar oud en jy rook, jy is oorgewig, hipertensie (hoë bloeddruk) of diabetes.

Jy gebruik die COC elke dag. Dit verhoed dat jy swanger raak deur ovulasie (wanneer die eiersel uit die eierstok kom) te stop, maar jy sal steeds jou menstruasie (period) elke maand kry. Die mees algemene newe-effekte is buierigheid, hoofpyne, naarheid, gewigstoename en teerheid van borste. Meeste van hierdie verdwyn na die eerste paar maande.

Hormonale Voorbehoedmiddels MOET nie gebruik word as jy dit het of gehad het nie.

  • Migraine met aura
  • Trombosis (clot) in jou been of in jou long.
  • Ernstige lewersiekte (akute virale hepatitis, lewerrose, lewerkanker)
  • Ernstige diabetes
  • Borskanker
  • Epilepsie
  • Hartinfarkt of ʼn beroerte
  •  ʼn Geboorte minder as 21 dae
  • Sistemiese lupus eritematose met positiewe antifosfolipiede teenliggaampies


Jy moet ook NIE orale voorbehoedmiddels neem as jy een of twee van die volgende het nie:

  • Wanneer jy ouer as 35 jaar oud is.
  • Wanneer jy meer as 15 sigarette per dag rook.
  • Wanneer jy diabetes het.
  • Wanneer jy hipertensie (hoë bloeddruk) het.
  • Wanneer jy oorgewig is.

*Die gebruik van die volgende medikasie mag die voorbehoedpil minder effektief maak: Epilepsie medikasie (phenytoin, carbamazepine, barbiturates, primidone, topiramate, oxcarbazepine, Lamotrigine) and the antibiotic Rifampicin.

Indien jy die COC wil gebruik, sê vir die verpleegster wat jou ondersoek (check-up) dat dit jou keuse is.

 

Kry ʼn IUD (loop)


Die IUD (loop) is ʼn klein toestel in die vorm van ʼn T. Dit word in jou uterus (womb) deur jou dokter of verpleegster ingesit. Jy kan dit vir 5 jaar gebruik of dit laat uithaal wanneer jy swanger wil raak. ʼn IUD (loop) is een van die veiligste metodes (ways) en bevat geen hormone nie.
Om meer oor die IUD te lees, druk Begin. 

Die IUD word deur ʼn dokter of verpleegster ingesit. Sodra dit ingesit word, sal jy dit nie voel nie. Deel van die IUD is van koper gemaak wat dit moeilik maak vir die spermsel en die eiersel om aan mekaar sowel as die ‘womb’ te heg. Dit kan vir 5 jaar daar bly of jy kan dit voor 5 jaar verwyder. Met die IUD sal jy jou menstruasie (period) soos gewoonlik kry.


Jy moet nie die IUD laat insit indien jy die volgende het nie:

  •  ʼn Onbehandelde (untreated) STI; (HIV is geen probleem in hierdie geval nie)
  •  ʼn Onverklaarbare vaginale bloeding
  •  ʼn Baie swaar en pynlike menstruasie (period)


Sommige vroue ervaar soms meer pyn of swaar bloeding gedurende hul menstruasie (period) met die IUD. Dit word gewoonlik beter na ʼn tyd.
Indien jy die IUD kies, sê vir die verpleegster wat jou ondersoek (check-up) dat dit jou keuse is.


Die noodvoorbehoedmiddel

 

Indien jy die noodvoorbehoedmiddel (morning after pill) binne 3 dae na onbeskermde seks neem, (unprotected sex) verhoed dit gewoonlik ʼn swangerskap (pregnancy). Jy neem die pil slegs een keer en kan dit by die apteek koop.

Die noodvoorbehoedmiddel (morning after pil) sal swangerskap (pregnancy) verhoed deur ovulasie (wanneer die eiersel uit die eierstok kom) te stop. Jy kan dit dadelik gebruik- tot op 5 dae na seks. Hoe gouer, hoe beter.

Die ‘morning after pill’ is minder geneig om jou te laat swanger (pregnant) word, maar dit is nie so effektief soos gereelde gesinsbeplanning nie.
Die mees algemene newe-effekte van die ‘morning after pill’ is naarheid, duiseligheid, hoofpyn, seer borste en bloeding voor jou volgende menstruasie (period).

 

Die progestien pil (POP)


Die POP is ʼn pil wat slegs een hormoon bevat en jy met dit elke dag drink.

Die POP bevat een hormoon (progestoroon). Dit voorkom swangerskap (pregnancy) deur die spermsel te verhinder (keer) dat dit die ‘womb’ bereik. Dit verdun ook die muur van die ‘womb’ sodat dit nie ʼn swangerskap (pregnancy) kan ontvang nie. Die mees algemene newe-effekte is ongereelde bloeding en bloedstorting (spotting), gewigstoename, buierigheid, en afname in seksdrang. Meeste van die newe-effekte raak minder met tyd. Sommige vroue het hul menstruasie (period) wanneer hulle die POP gebruik. Sommige het ongereelde menstruasie (period) en sommige het geen menstruasie (period) nie.


Jy moet nie die POP gebruik as jy:

  • Onverklaarbare vaginale bloeding het 
  •  ʼn Aktiewe lewersiekte het
  • Deurlopende borskanker het

Indien jy die POP kies, sê vir die verpleegster wanneer sy jou ondersoek (check-up) dat dit jou keuse is.

 

Die inplantaat voorbehoedmiddel

 

Die inplantaat is ʼn dun, stokkie wat onder die vel aan die binnekant van jou boarm deur ʼn dokter of verpleegster geplaas word. Die inplantaat is een van die veiligste metodes (ways) en kan tot op 3 jaar gebruik word.

Die inlplantaat is 3cm lank. ʼn Dokter of ʼn verpleegster plaas dit onder jou vel aan die binnekant van jou boarm. Dit bevat een hormoon (progestoroon). Dit voorkom swangerskap (pregnancy) deur die spermsel te keer om die ‘womb’ te bereik en deur die muur van die ‘womb’ dun te maak. Sommige vroue kry hul menstruasie (periods), sommige kry dit ongereeld en ander kry dit glad nie.


Die mees algemene newe-effekte is ongereelde bloeding en bloedstorting (spotting) , gewigstoename, buierigheid en ʼn lae seksdrang. Meeste van die newe-effekte raak minder met tyd.


Jy moet NIE die inplantaat kry as jy:

  • Onverklaarbare bloeding het
  • Aktiewe lewersiekte het
  • Deurlopende borskanker het

Indien jy die inplantaat wil gebruik, moet jy vir die verpleegster sê wanneer sy jou ondersoek (check-up).



Die inspuitbare voorbehoedmiddel


Die inspuiting is ʼn hormoon (progestoroon) wat deur ʼn dokter of verpleegster elke 2-3 maande gegee word.

ʼn Dokter of ʼn verpleegster gee die inspuiting in jou arm of boud elke 2-3 maande. Dit bevat een hormoon (progestoroon). Dit verhoed swangerskap (pregnancy) deur ovulasie (wanneer die eiersel uit die eierstok kom) te stop. Dit verhoed ook dat die spermsel die ‘womb’ bereik. Dit verdun die ‘womb’ se muur sodat dit nie ʼn swangerskap (pregnancy) kan ontvang nie. Sommige vroue kry hul menstruasie (periods) wanneer hulle die inspuiting gebruik, waar sommige dit ongereeld of glad nie kry nie.
Die inspuiting bevat dieselfde hormone as die pil wat net uit progestien bestaan asook die inplantaat. Die dosis is net hoër wat veroorsaak dat die newe-effekte meer algemeen en erger maak. Die mees algemene newe-effekte is hoofpyne, haarverlies, sweet, ongereelde bloeding, depressie, aknee, gewigstoename, buierigheid, lae seksdrang en verlies aan beendigtheid. Sommige van die newe-effekte verminder met tyd. Nadat jy die inspuiting gestop het, kan dit tyd neem vir jou menstruasie(period) om terug te keer.


Jy moet NIE die inspuiting gebruik indien jy:

  • Onverklaarbare vaginale bloeding het
  • Aktiewe lewersiekte het
  • Deurlopende borskanker het

Indien jy die inspuiting wil hê, moet jy vir die verpleegster sê wanneer sy jou ondersoek (check-up) dat dit jou keuse is.